Ons huil vir ons land en sy vroue!!

Ons huil vir ons land en sy vroue!!

Die ACDP wil ons diepste medelye betoon aan die familie van Lizette en Hettie Deacon. Ons land is voos geslaan deur misdaad. Ons mense is stukkend soos wat ons twee landsburgers verloor, wat n groot bydrae gelewer het aan hulle gemeenskap. Die verslae van hulle personeel soos gerapporteer in nuus artikels, skep die indruk van empatiese en warm werkgewers.

Ons moet hier stilstaan as een nasie, en benadruk die hoe koste van misdaad op die stabiliteit en sekerheid van Suid-Afrika. Hier staan ons weereens, skaars n week vanaf vrouemaand by die dubbele moord van twee sakevroue.

Die menslike koste van hierdie tragedie word onderstreep deur die dubbele moord – n ma en haar dogter en die brutale omstandighede van die misdaad! Dit is skokkend dat terwyl ons vrouregte besing in Suid-Afrika word die reg tot lewe ontneem van vroue op n daaglikse basis. Dat daar vandag twee mense die reg tot lewe ontneem is, op n barbaarse wyse is nog n aanslag op die psige van ons volk. Mense wat n ekonomiese en sosiale verskil gemaak het weggeruk deur sinnelose geweld! Ons land is in krisis, en fundamentele veranderinge moet plaasvind.

‘Die ACDP doen ‘n beroep op die regering om die kriminele wat hierdie onskuldige vroue vermoor het spoedig op te spoor en voor die hof te bring. Baie meer moet gedoen word om ons burgers, en veral vroue en kinders,  te beskerm. ‘n Apatiese reaksie gaan nie help nie. Gesprekke moet gevoer word oor strenger vonnisoplegging, asook rondom die doodstraf. Die huidige vonnise dien klaarblyklik nie as ‘n voldoende afskrikmiddel nie.

Hierdie land is in rou en ons het nodig om met dringenheid gesprekke te voer op alle vlakke van ons samelewing. Misdaad bekamping, en gemeenskaps beveiliging is n prioriteit in die hele land! Daar is nie n gemeenskap wat nie deur hoe syfers van geweld getuister word nie!!

Die politisering van dinge kan nie geduld word nie, en morele leierskap moet op alle vlakke van ons samelewing getoon word. Dit is n vereiste as ons die stroom wil stuit en verandering bring.